Waarmee is Sjina besig?

In Sjina het die nuwe J-20 prototipe vegvliegtuig sy nooiensvlug op 24 November uitgevoer en ’n nuwe era ingelui vir die land se verdediging.

 Nie minder nie as 8 J-20 vliegtuie is gereed gemaak by die Aviation Industry Corporation (AVIC) vervaardigersaanleg in die stad Chengdu.

’n Rooi tapyt seremonie het die eerste vlug van die nuwe vegvliegtuie vooraf gegaan wat deur politici en belanghebbendes uit die regering bygewoon is.

Die geleentheid is voorafgegaan deur maandelange toetsvlugte wat onderneem is en wat later bekend sou staan as die 2017-projek.

Die toetse is uitgevoer in die noordelike deel van die land waar die oog van spioene nie was nie, en onderwerp kon word aan buitengewone omstandighede.

Waarnemers sê dit is duidelik dat die Sjinese gereed maak om hulle afhanklikheid van ander lande te beëindig in die vervaardiging van vegvliegtuie.

Onlangs het Die Vryburger ook rapporteer dat Sjina ’n besonder gesofistikeerde missiel op die proef gestel het.

Kenners wys daarop dat Sjina nou die tweede land ter wêreld is wat ’n geheime vegvliegtuigeskader begin het wat toegerus is met gevorderde radar, blokkeerders, infra rooi sensors en lang afstand missiele.

Foto – Die Sjinese prototipe J-20