Waar is Daan Desimaal?

Dit is nou meer as 50 jaar gelede dat Daan Desimaal elke Boere-Afrikaner se hart laat warm klop het, want toe het ons weg beweeg van die Britse geldstelsel en ons eie Rand en sent in werking gestel.

Om die mense bewus te maak van wat die verskillende munte se waardes is, het elke radiostasie gereeld die liedjie van Daan Desimaal gespeel.

Toe was die Rand ’n waardige muntstuk, soveel so dat R2 ’n Britse Pond kon koop.

Vandag is die Rand op pad na die waarde van ’n Zimbabwe geldstukkie, en sal ons ook binnekort ’n kruiwavrag munte nodig hê as ons ’n brood wil koop, want tans is een VSA dollar gelyk aan R14, om nie eers te praat van die Britse Pond nie!

Met hartseer verlang ons terug na die dae toe ons nog met ’n Rand sowat 20 roomyse kon koop, want vandag is die Rand so min werd dat jy R20 nodig het vir een roomys.

Jammer Daan Desimaal is nie meer met ons nie…

Marie Odendaal