Vyfduisend lewendes word dood verklaar

Die Nederlandse stad Groningen het sowat vyfduisend chroniese siekes en pasiënte per ongeluk as dood verklaar en die vermeende oorledenes se naasbestaandes het ook ’n brief van meegevoel ontvang.

In die brief word ook vermeld dat die owerheid die naasbestaandes wil ondersteun en skenk ’n bedrag van 140 euro as bykomende betaling.

Die owerheid vermoed dat die fout by die drukkers ontstaan het wat slegs enkele briewe moes uitstuur aan naasbestaandes wat werklik ’n familielid afgestaan het aan die dood.

Een van die persone wat as dood verklaar is, het egter die owerheid se aandag daarop gevestig dat hy nog in lewe is, waarna die reuse fout ontdek is.

’n Woordvoerder van die owerheid het later verskoning aangebied vir die fout wat ingetree het.