VSA toets nuwe revolusionêre wapentuig

Amerikaanse wapenkenners, navorsers, wetenskaplikes, ingenieurs en ander deskundiges het glo saamgespan om die mees gesofistikeerde wapens te ontwikkel wat die wêreld kan vernietig sonder ’n geluid.

Volgende maand kan ’n nuwe tydvak in oorlogvoering inlei wat gevoer kan word sonder ’n enkele soldaat, en die vegvliegtuig kan in sy mees moderne ontwikkeling, as oud-modies beskryf word as die nuwe toetse suksesvol bevind word.

Die woestyn van “Nes Mexico” is die toetsterrein waar die VSA se Departement van Verdediging met ’n ware “Star Wars” se toetse sal begin.

Die laserstraal is stil, is hoogs akkuraat en vernietigend wanneer dit deur die dikste beton wande dring en alles uitwis binne enkele sekondes.

Die wapen is geruisloos, niemand sien die gevaarlike laserstraal nie, hoor niks en sien net hoe alles rondom jou verkrummel en mense vernietig.

Die Amerikaners is nog in ’n vroeë stadium met die ontwikkeling van die laserwapens, wat wissel van ’n toestel wat gemonteer word in ’n ligte vliegtuig om lugaanvalle uit te voer, tot swaarder toerusting wat as “kanon-vuur” op oorlogskepe monteer sal word.

Laser word ontwikkel deur ’n massiewe klomp energie in ’n kolom te pomp, wat kan bestaan uit verskillende tipes materiaal, en kan aangewend word om delikate oog operasies te doen tot gevaarlike wapentuig te vervaardig.  

Die VSA het reeds twintig jaar gelede begin om laser te beproef, en het biljoene dollar spandeer aan navorsing wat later gelei het tot die montering van ’n lasertoestel op ’n C-130 vliegtuig en op ’n 747 passasiersvliegtuig.

Die toestelle was egter te groot en baie swaar, en geweldig duur om herlaai te word, wat dit minder doeltreffend gemaak het om in oorloë te gebruik.

Intussen is kragtiger laser ontwikkel uit ander materiale, die toerusting veel ligter, baie kleiner en uiters doeltreffend.