Volmaan op Kersaand

Vir die eerste keer in 38 jaar sal Kersaand vanjaar in die lig van ‘n volmaan gevier word.
Volgens die Metoniese siklus stem die fases van die maan elke 19 jaar, met ‘n paar uur verskil, met die 365-dae-kalenderjaar ooreen.
Negetien jaar gelede het die paar uur verskil veroorsaak dat die volmaan op Oukersaand was.
Die Metoniese siklus is vernoem na die astronoom Meton uit die Antieke Griekse Tyd.