VN wil IS finansieel knak

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het nuwe besluite geneem in ’n poging om die Islamitiese Staat (IS) se kanale toe te stop na gebiede waarheen sy olie produksie versend word.

Die verkope van sy antieke goedere wat afgeneem word by die bevolking in Sirië sal ook deur die maatreëls geraak word.

Die “algemene betalings” wat aan IS gemaak word vir goedere en ander kriminele aktiwiteite sal ook geblok word.

Verlede Donderdag se vergadering van die Veiligheidsraad word as ’n uniek beskou aangesien talle lande se ministers van Finansiële Sake teenwoordig was.

Alhoewel die maatreëls as ’n kritiese stap gesien word om die terroriste se krane toe te draai, sê waarnemers die sukses sal afhang van hoe die verskillende lande die finansies hanteer met ’n gekoördineerde veldtog wat suksesvol deurgevoer word.

Finansiële kenners sê die maatreëls kan die terreurgroep knak indien dit gekoördineerd toegepas word deur al die betrokke lande, maar daar bestaan altyd die moontlikheid van regerings wat die IS-terreurgroep sal ondersteun met die aankoop van “goedkoper” olie.