Vliegtuig val

In nòg ‘n vliegtuigongeluk is ‘n pa en sy seun beseer toe die ligte vliegtuig waarin hulle was, buite Badplaas neergestort het.
Die vlieënier, Machiel Jansen, en sy seun, Adrian, het vroegoggend gaan vlieg. Volgens omstanders het hulle gesien die vliegtuig vlieg baie laag en toe het dit glo na die grond begin tol voordat dit neergestort het.
Die vliegtuig het in ’n watervoor ingeploeg.
Machiel is baie ernstig beseer en is per noodhelikopter na die Mediclinic in Nelspruit gevlieg.
Adrian se beserings is minder ernstig en hy is per ambulans na die Rob Ferreira-hospitaal geneem.