Vliegongeluk: nòg ‘n dood

In nog ‘n vliegongeluk is een persoon dood toe sy ligtestraalvliegtuig op ‘n plaas tussen Bredasdorp en Stormsvlei neergestort het.

Kobus Dicks, ’n sakeman van Stellenbosch, was die enigste insittende

Brandweerbeamptes het Maandag op die wrakstukke van vermoedelik ’n Eclipse ZS-DKS-straler op die plaas Spioenkop afgekom.

Reinhardt Geldenhuys, woordvoerder van Overberg-rampbestuur, het gesê reddingsdienste is om 11:05 van ’n vermiste vliegtuig in kennis gestel.

Dit is nog nie duidelik presies wanneer die voorval plaasgevind het nie.

’n Ligtevliegtuig van Werk met Vuur (WoF) is na die gebied gestuur en het op die wrakstukke afgekom.

Dicks was die eienaar van die vleismaatskappy Meadow Meats, ’n groot vleishandelaar met takke in Kaapstad, Vryheid, Kokstad en Wesselsbron.

Foto ter illustrasie