Verkwis die wêreld nog geld?

Terwyl die wêreld radeloos is oor die armoede van miljoene mense, word die staatshoofde en regeringsleiers in die volgende paar dae besig gehou met praatjies wat geen uitkoms bied vir die klimaatstoestande in die wêreld nie.

Parys is ’n miernes van bedrywighede met die aanbied van vanjaar se konderensie oor klimaatsverandering.

Terwyl almal weer vol hoop is dat iets gedoen gaan word, sê kenners dit sal maar weer ’n byeenkoms wees waar die groot leiers indrukwekkende syfers aanhaal, groot beloftes maak van baie geld, maar niks gaan verander nie.

Ontleders wys daarop dat elke vorige beraad oor klimaatsverandering weinig of geen verandering teweeg gebring nie.

Hulle reken die beloftes wat gemaak was, het nooit gerealiseer nie, en dit sal hierdie keer weer so wees.

Minstens 150 lande sal verteenwoordig word op die beraad wat vanjaar in Parys aangebied word.

Selfs pres. Jacob Zuma is by die beraad waar miljoene Rand spandeer word aan duur onthale, luukse vliegritte en lang beredenerings in ’n poging om eenstemmigheid te kry tussen 150 lande, wat elkeen ’n eie siening van die onderwerp het.

Een van die afgevaardigdes het opgemerk dat dit maar weer ’n verkwisting van baie geld is.