Veldbrand verwoes plase in Zastron

Die bekende Aasvoëlbergoord in Zastron het tot op die grond afgebrand nadat ‘n veldbrand in die distrik buite beheer geraak het. Die oord was bekend vir die skoolkampe wat hulle aangebied het.

Volgens Steyn van Ronge, Hoof van die Brandbestrydersvereniging is die vuur na bewering deur lede van ‘n inisiasieskool buite Zastron veroorsaak. Die brand het vinnig suidwaarts versprei. Buiten die oord is tussen 3,000 en 5,000 hektaar ook vernietig. 

Volgens Van Ronge het lede van die gemeenskap. boere en hulle werkers tot laat Dinsdagnag gespook om die vlamme te blus. Hulle taak is moeiliker gemaak weens die feit dat daar ‘n watertekort in die omgewing is en hulle was genoodsaak om drinkwater uit veekribbe te neem.