Valke ondersoek Phiyega

Die geskorste nasionale polisiehoof, genl. Riah Phiyega wat verlede maand deur ’n ondersoekspan van die Departement van Polisie, skuldig bevind is aan bedrog, meineed en wangedrag gaan nou deur die Valke ondersoek word vir dwarsboming van die gereg.

Die saak is Vrydag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) geregistreer

Phiyega self is nog nie van die saak teen haar in kennis gestel nie. 

Phiyega is in 2013 van dwarsboming van die gereg beskuldig omdat sy glo vir lt.genl. Arno Lamoer, voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris, oor die foon gewaarsku het dat hy deur die polisie se misdaadintelligensie-eenheid dopgehou word.

Dié klag is deur die Onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek, maar die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevind daar is geen strafregtelike saak teen haar nie.

‘n Ondersoek teen haar verlede maand het bevind dat Phiyega het die Polisiewet asook arbeidswetgewing oortree deur sekere polisielede uit hul poste te skuif.

Verder het sy glo meineed gepleeg deur vals beëdigde verklarings in te dien in die hofsaak oor lt.genl. Richard Mdluli, die polisie se gekorste misdaadintelligensiehoof.