Twee Koreaanse regerings voer gesprek

Die Suid-Koreaanse Adjunk-minister van Unifikasie, Hwang Boogi, het ’n gesprek gehad met die Noord Koreaanse Jon Jong Su,  ’n adjunk-direkteur van die Komitee vir Vrede en Hereniging van Korea, gedurende die afgelope week.

Die gesprek is in die industriële gebied van ’n Noord-Koreaanse streek, net oorkant die grens tussen die twee lande, gevoer.

Op die sakelys was ondermeer ook “aangeleenthede wat die verhouding tussen die twee lande kan verbeter.

Die ontmoeting is ’n opvolg gesprek nadat ’n vorige gesprek daartoe gelei het dat die twee lande onderneem het om ’n wapenstilstand te handhaaf.

Noord-Korea wil ’n oor-grens toerismebedryf vestig tussen die twee lande, wat voor 2008 bestaan het maar daarna gestop is weens spanning tussen die twee moondhede.

Met die familie-reünie in Oktober, is spanning verlig tussen die twee lande, en het samesprekings op hoëvlak gevolg.

Kenners meen die Noord-Koreaanse regering se dryfveer met die samesprekings is daarop ingestel om Suid-Korea weer deel van die kommunistiese Noord-Korea te maak.