Twee Aussie ministers in skandale, bedank

Jamie Briggs, die Minister van Stede en Beboude Omgewing in Australië sê hy het sy bedanking ingedien nadat ’n vroulike openbare bediende gekla het oor die minister se optrede in ’n kroeg in Hong Kong gedurende sy amptelike besoek aldaar.

Die onbekende vrou het haar bekommernis uitgespreek oor die Minister se onaanvaarbare optrede teenoor haar.

Die Minister sê daar was geen onwettige handeling tydens die voorval nie, en het sy saak bondig aan die Eerste Minister gestel, en sy verskoning aangebied.

“Die optrede wat ek laataand openbaar het, is nie wat van ’n Minister verwag word nie, en daarom verkies ek om my amp neer te lê, en het ook my verskoning aangebied teenoor die vrou”, het Briggs gesê.

Die Spesiale Minister van die Staat, Mal Brough, moes ook eenkant gaan staan weens beweerde bedrog en ’n polisieondersoek na sy doen en late is aan die gang.

Na wat berig word, het hy glo die parlement mislei met belangrike inligting, en boonop was hy ook betrokke by die kopiëring van inligting in dagboeke van die vorige speaker van die parlement.

Eerste Minister Turnbull het die twee ministers bedank vir die feit dat hulle hulle poste bedank het in belang van die land se algemene beeld.

Foto – Minister Jamie Briggs