Turkse president koop olie by terroriste

Die Russiese adjunkminister van Verdediging sê in ’n verklaring dat die Turkse president en sy familie is betrokke by die aankoop van olie by die Islamitiese Staat (IS) terreurgroep.

Hy sê Moskou beskik oor die nodige bewyse wat toon dat president Recep Tayyip Erdogan van Turkye en sy familie persoonlik voordeel trek uit olietransaksies wat aangegaan word met die militante terroristegroep.

Rusland het wel voorheen bewerings gemaak in die verband, en het selfs tydens die G20 konferensie in Turkye gewaarsku dat daar G20-lande is wat olie aankoop by die IS terroriste.

Kort daarna het ‘n Turkse vegvliegtuie ’n Russiese vliegtuig afgeskiet.

Pres. Erdogan het die bewerings ontken en gesê hy is bereid om te bedank as die bewerings bewys kan word.

Rusland het hierop gereageer en gesê hulle beskik oor satelliet foto’s wat toon hoe IS-terroriste olie vervoer na Turkye.

Die Russiese Minister van Verdediging het ook bekend gemaak dat sowat 120 ton ammunisie vervoer is vanaf Turkse grondgebied na Siriese militantes gedurende die afgelope week.

Intussen het pres. Obama sy volle steun aan die Turkse president toegesê.

Foto – Recep Tayyip Erdogan