Trump trap op Clinton se tone

Die Republikeinse kandidaat wat tans loshande voor is in die wedloop om die Amerikaanse presidentsverkiesing as genomineerde benoem te word, het nie net ander kandidate van die party aangeval nie, maar het nou ook op Hillary Clinton van die Demokrate se seer kleintoontjie getrap.

Clinton verduur byna daagliks kritiek oor verskeie aspekte van haar benaderings tydens die verkiesingsveldtog, en sy het waarskynlik ’n groter fout gemaak toe sy Donald Trump aangevat het in een van haar toesprake.

Trump het glo gesuggereer dat Hillary mede-verantwoordelik kan wees vir die foute wat haar man, Bill, gemaak het tydens sy presidentskap.

Kenners meen dit is ’n nuwe invalshoek waarmee Trump die Demokrate sal beveg as hy uiteindelik tot Republikeinse presidentskandidaat genomineer word.

Trump wys glo daarop dat Bill vroue misbruik het in sy tyd as regeerder van die VSA, wat vir Hillary ’n baie moeilike onderwerp kan word om te verdedig.

Hy deins nie terug soos ander kandidate van die Republikeine, om Hillary te verbind aan die pynlike saak van Monica Lewinsky nie, sowel as die ander beweerde buite egtelike verhoudings waaraan haar man gekoppel word.

Foto – Donald Trump