Trump, omstrede maar steun styg

Terwyl die media na Donald Trump se toespraak verwys as “sy haat toespraak” oor die wenslikheid om geen Moslem na Amerika toe te laat nie, is sy gewildheid steeds aan die toeneem onder Amerikaanse kiesers.

Te midde van hewige kritiek wat oral uitgespreek word, is Trump steeds die mees gewilde Republikeinse kandidaat vir die presidentsverkiesing.

Volgens ’n nuwe meningsopname wat deur Reuters vrygestel is, wys dit dat Trump se gewildheid steeds 35% is, wat hom los voor sy mede Republikeine stel.

Die meningsopname is die eerste wat op ’n landswye grondslag gehou is in ’n poging om vas te stel wat die posisie is na sy “haat” toespraak.

Die opname toon ook dat Trump se opmerkings 29% van die Republikeinse kiesers ontevrede laat.

Meningsvormers wys daarop dat dit voldoende ontevredenheid bring om te verseker dat Hillary Clinton, as Demokraat, die presidentsverkiesing kan wen.

Republikeinse kandidate wat aanvanklik net soveel steun as Trump gehad het, is met die huidige opname, vêr agter.

Ben Carson, wat naas Trump die die meeste steun het, kon nou slegs 12% op hom verenig, en Ted Cruz slegs 10% terwyl Jeb Bush slegs 3% steun het volgens die landswye peiling.

Foto – Donald Trump