Trump daag CNN

Die miljardêr en Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump, het nie gehuiwer om die vêr-linkse CNN TV-kanaal uit te daag en aan hulle te toon dat hy nie oor hulle verleë is nie, maar dat hulle dalk oor hom verleë is.

Trump het aan CNN gesê hy sal dit oorweeg om in die volgende debat op CNN deel te neem as die TV kanaal hom vooraf $5 miljoen betaal vir sy verskyning.

“Ek sal nie die debat bywoon nie, tensy hulle my $5 miljoen betaal”, het die eiendomsmagnaat aan sy gehoor gesê.

Hy sê CNN netwerk het hom telkens swak behandel, terwyl hulle kykerstal die hoogte inskiet wanneer hy op TV verskyn.

Die groter aantal kykers bring meer advertensies vir die TV kanaal, en daarom sal hy slegs deelneem as CNN hom betaal sodat hy die geld aan ander instansies kan skenk.

Politieke waarnemers sê dit gebeur nie aldag dat ’n TV-kanaal soos CNN uitgedaag word nie, en die optrede van Donald Trump laat die TV-mense “twee keer dink” voordat hulle ’n openlike geveg met die miljardêr begin.

Hy sê CNN sal waarskynlik probeer om uit die situasie los te kom deur hom te brandmerk as ’n lafaard, maar hy staan by sy uitdaging.

Die volgende debat tussen presidentskandidate van CNN vind plaas op 15 Desember in Las Vegas.

Foto – Donald Trump