Trappe van vergelyking van “lui”

Lui, luier … LP.

Dit word in enkele publikasies berig dat, na die onlangse ontwrigting van parlementêre bedrywighede deur miltante vakbondoptrede, die hoofswepe van die politieke partye op ´n tipies-Afrika oplossing besluit het:

Sake wat húlle as nie dringend nie beskou, is van die werklys verwyder.

Vreemd – as werknemer sou ek nooit waag om self te besluit wat ek wil doen en wat nie.

En namate senioriteit meer verantwoordelikheid impliseer, dikteer self-dissipline en pligsbesef dat jy jou werk en verantwoordelikhede nakom, ongeag of dit weens een of ander krisis langer ure sou verg.

Klaarblyklik meen LP’s dat die skamele sowat R1miljoen (en meer) per jaar regverdig nie dat hulle produktief ´n eerlike werksdag en werksjaar sal lewer aan belastingbetalers nie.