Tereur kos Europa miljarde

Die terreur in Parys, en die dreigemente dat Brussel, die hoofstad van Belgie ook geteiken is, het nie net ’n vrees by mense gelaat nie, maar beïnvloed ook die sakebedrywighede van Europa.

Opnames wat gemaak is in Brussel dui daarop dat die stad minstens 52 miljoen euro per dag verloor aan besigheid.

Die opnames wat deur die Vryemark Stigting in die stad onderneem is, toon ook dat vars voedsel se swak verkope tot enorme verliese ly by handelaars. Na raming word 22 miljoen euro se produkte daagliks vermors weens swak aanvraag.

Die afwesigheid van werknemers kos handelaars ook miljoene euro. Die afwesigheid word geraam op 20%, en word toegeskryf aan hul vrees om aangeval te word, of in die werk deur bomplanters gedood te word.

Die handelaars in Brussel reken dat hulle omset met minstens 40% gedaal het, en dat dit die moontlikheid uitsluit om winsgewend te wees.

Ontleders in Europa is van mening dat die invloed van terrorisme, daaglikse verliese van etlike miljarde euro veroorsaak in Europa.