Suid-Afrikaners leef in vrees

In die goeie ou dae kon ‘n mens in die aande veilig in die strate stap en rustig in die aand slaap. Maar statistieke bewys nou dat die inwoners van die land in vrees leef.
Die kernbevinding van die 2014/’15-Misdaadslagofferspeiling wat Pali Lehohla, statistikus-generaal van Statistieke Suid-Afrika (SSA), Dinsdag in Pretoria bekendgemaak het, is dat mense bang is in die Nuwe Suid-Afrika.
Die SSA het bevind huisinbraak is die mees gevreesde misdaad in Suid-Afrika, met huisrooftogte tweede op die lys.
Dié toenemende persepsie onder inwoners dat Suid-Afrika nie veilig is nie, strook met die jongste misdaadstatistiek van die Departement van Polisie wat gewys het dat veral geweldsmisdaad is aan die toeneem.