“Suid-Afrikaanse oorlog” veroorsaak geskarrel in neo-rassistiese kring

Na berig word is Minister Methethwa beswaard oor mediadekking van sy uitlatings oor ons geskiedenis.

En die hoofstroompers was baie vinnig, baie verskonend.

Een berig wil dit hê dat die minister slegs in “sy privaat hoedanigheid” van die “Suid-Afrikaanse oorlog” praat.

´n SAUK nuusgreep, die minister se gepubliseerde toespraak teks sowel as die gedenkplaat in Bloemfontein vertel eerder ´n storie dat hierdie naam ietwat meer amptelike status geniet as wat die minister nou wil erken.

Luidens sy gepubliseerde toespraak, sou die minister onder andere sê: (my klem)

We are here at the War Museum to tell the South African story of the South African war, a war which for a very long time had been known as the Anglo-Boer War and labeled as a “White man’s war”.

Die toespraak kan besigtig word by die volgende skakel: http://www.gov.za/speeches/minister-nathi-mthethwa-launch-reconciliation-month-30-nov-2015-0000

Op die gedenkplaat en die muur by die tuin van herinnering pryk duidelik “Suid-Afrikaanse Oorlog”. (foto erkenning http://www.wmbr.org.za)

Die regime se amptelike gebruik van die valse benaming van ons Vryheidsoorlog is niks nuut nie – daarom kan hierdie week se optrede as weinig anders bestempel word as ´n “toets van die waters”.

Oor die museumnaam is sake ook geensins so onskuldig as wat uitgemaak word nie.

Die minister is wel van plan om naamsvernaderings te oorweeg.

We will need to consider the change of the name of the Museum to South African War Museum as part of the transformation of our heritage, also in recognition of the fact that, that war affected every South African.”

Die minister erken ook dat die swart betrokkenheid grootliks aan Britse kant was, met minstens 100 000 “swart Suid-Afrikaners” in Britse uniform.

Dus word daar van Afrikaners verwag om swart deelname téén Afrikaners, téén vryheid, téén geregtigheid te “vier”.

Die deurlopende tema van hoofstroom nuusdekking lê, soos die minister se toespraak, klem op die herbenaming van die oorlog. (Snuffel gerus deur videokanale soos YouTube)

Die ontkennings kan dus net gesien word as verontskuldigings in die lig van die storm van kritiek wat dit ontlok het – kritiek teen beriggewing van die regime en swart Suid-Afrika se ware, neo-rassistiese Afrikanerhaat.

In ongeveer 115 jaar het weinig dus verander!

(foto erkenning http://www.wmbr.org.za)