Student ontwikkel veiliger IT-netwerk

’n Student van Nederland, Jelle van Hooff, het ’n “veliger” internet netwerk ontwikkel wat mense meer “anoniem” kan gebruik, en wat die persoonlike besonderhede van die gebruiker beter beskerm.

Navorsing het getoon dat miljoene mense liefs nie internetgebruikers wil wees nie omdat hulle nie anoniem daaraan kan deelneem nie.

Die stelsel wat redelik ingewikkeld funksioneer, werk so dat die gebruiker se inligting deels korrek is, maar die helfte daarvan is verkeerd, wat beteken die gebruiker kan nie maklik geïdentifiseer word nie.

Die bedoeling daarmee is om internet gebruikers te beskerm teen ongewenste “opspoorders” wat toegang kry tot die gebruiker se rekenaar.

Hy sê die oplossing is geleë in ’n stelsel van “skyn beweging” wat moeilike opsporing veroorsaak.

Die nuwe stelsel sal glo eersdaags in Kalifornië bekendgestel word.