Spreeu-plaag verpes Rome

Derduisende kwetterende spreeus is besig om van Rome ’n “ontoeganklike” stad te maak omdat mense dit nie na buite kan waag sonder om bemors te word nie.

Soggens en saans voor sonsondergang vlieg miljoene spreeus deur die lug en snags bemors hulle geboue en sypaadjies wat die stadsmense moedeloos het.

Die swart wolk van vlieënde spreeus in besonderse vlug formasies, was aanvanklik ’n nuwigheid, maar gou is besef dat die voëls die stad kan oorneem.

Mense waag dit nie meer op straat sonder sambrele nie, en stoep-kafees moes inderhaas begin voorsiening maak van sonsambrele by elke tafeltjie.

Die raserige spreeus het blykbaar Rome uitgekies en het van oral uit Europa, op die stad toegesak tot groot ergernis van die inwoners.

Motors wat geparkeer word, is binne enkele minute bemors, en die voertuie wat buite staan gedurende die nag, word so bemors dat inwoners raadop geword het.

Wanneer dit reën, word die loop oppervlaktes glad en gevaarlik weens die gemors, en stadsvaders kan nie voorbly met opruimingswerk nie.

Pogings om die voëls te verjaag, blyk onsuksesvol te wees. Luidsprekers wat groot lawaai maak, is probeer maar het geen invloed op die voëls nie.

Kenners sê die voëls het Rome gekies vir sy warmer klimaat wat ondervind word.