So vernietig jy terroriste, sê joernalis

Nicolas Hénin, die Franse joernalis wat vir byna ’n jaar gyselaar gehou was deur die Islamitiese Staat (IS) terreurgroep, sê hy het die resep hoe om die terroriste finaal te vernietig.

Hy sê die oorlog teen die IS terroriste kan nie gewen word met lugaanvalle, of met gesofistikeerde wapentuig nie, en ook nie met duisende voetsoldate nie.

“Die oorlog kan net gewen word as ’n veldtog begin word om die bevolking van die land te oorreed om teen IS te draai.

“Die bevolking moet aan die kant van die regering kom, en iemand moet die oortuigingswerk gaan doen,” het hy gesê.

Hy sê die Siriese president, Bashar al-Assad, moet direk verantwoordelik gehou word vir die opkoms van die IS-tereurgroep, maar hy kan nie summier verwyder word sonder om die bevolking verder te verdeel nie.

Met die bevolking aan die kant van die regering en die koalisie lande, kan die stryd vinnig ten einde gebring word, reken hy.