Sluimersel van Boko Haram gevind

Die geheime polisie in Niger het ’n “sluimerende sel” van die terroristegroep Boko Haram oopgevlek naby die land se hoofstad.

Minstens twaalf terroriste is in die omgewing van Abuja gevange geneem deur die plaslike polisie tydens ’n spesiale operasie.

In ’n nuusvrystelling het die polisie gesê die “slapende selle” van Boko Haram word uitgesnuffel en die oprigting van sulke selle sal ook in die toekoms aandag geniet en dan vernietig word.

’n Polisiewoordvoerder sê die terroristesel was sluimerend om hulle aanval eers uit te voer gedurende die Desember-feestyd.

Die Boko Haram-terroriste word as die mees gewelddadige terreurgroep in die wêreld beskou, en het in die verlede reeds verskeie aanvalle uitgevoer in die hoofstad en omgewing, wat honderde mense se lewens beëindig het.

Die terreurgroep het glo verantwoordelikheid aanvaar vir die dood van minstens 27 mense verlede Saterdag wat deur ’n driedubbele selfmoordbomaanval uitgevoer is.