Slowenië nomineer oud president vir VN

Danilo Türk, die voormalige president van Slowenië, is deur die land se regering genomineer vir die amp van Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies(VN) vir die termyn 2017 tot 2021.

Die regering van Slowenië het die besluit geneem twee jaar nadat die vorige regering ’n soortgelyk besluit geneem het, maar nooit tot uitvoering gebring het nie.

Die verkiesing van ’n nuwe Sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies word glo in 2016 gehou, en Oos-Europa is aangewys om hulle nominasies in te dien.

Verskeie lande het reeds hul nominasies ingehandig, met Kroasië op die voorpunt wat hulle Minister van Buitelandse Sake, Vesna Pusić, aangewys het, terwyl Masedonië en Bulgarye ook hulle nominasies afgehandel het.

Turk word hoog aangeslaan op internasionale vlak weens sy kundigheid en goeie reputasie wat oor baie jare strek.

Foto – Danilo Türk