Sjina toets hipersoniese projektiel

Die Sjinese Weermag is besig met hul sesde toetsprogram op ’n hipersoniese projektiel en sweeftuig wat saam met ’n ballistiese missiel afgevuur word.

Die sweeftuig is gelanseer vanaf die Wuzhe senterpunt in die Shanxi provinsie van Sjina.

Die toetsmodel se apparate was glo geskei van die “vuurpyl” toe dit die hoër hemelruim ingedring het voor dit die teiken getref het wat duisende kilometers verder weg is.

Die besonderhede is vrygestel deur verskeie VSA intelligensie agentskappe wat die toetse gevolg het.

Die projektiel beskik oor die vermoë om teen ’n spoed van vyf keer die van klank te beweeg, het ’n woordvoerder van die Pentagon glo gesê.