Selfverdediging aan die orde in Duitsland

Wapenverkope en selfverdedigingstoerusting soos pepersproei is deesdae van die beste verkopers in Duitsland waar die spannig besig is om toe te neem nadat berigte ontvang is van moontlik terroriste-aanvalle.

Die mense redeneer dat ’n aanval in Parys die dood van 130 mense teweeg gebring het, en dit kan ook in Duitsland gebeur.

Gedurende die afgelope maand het die verkope van pistole, vuurwapens en ammunisie die hoogte ingeskiet, en navrae toon dat daar net een motief is, en dit is die moontlikheid van ’n terroriste-aanval.

 Die Duitse Assosiasie van Geweersmid en Wapen Verkope het navorsing gedoen onder sy 1,100 handelaar lede wat regoor die land bevestig het dat wapenverkope aansienlik gestyg het.

’n Woordvoerder het gesê die moontlikheid bestaan dat die verkope van vuurwapens verdubbel het teenoor verlede jaar.

Die Departement het ook bevestig dat die aansoeke vir spesiale permitte, die sogenaamde “klein wapen lisensies” drasties verhoog het wat die eienaar daarvan toelaat om sy wapen met hom saam te dra.

Pepersproei se verkope het sodanig gestyg dat dit vir ’n tyd onbekombaar was, word veral deur dames byderhand gehou waar hulle ook al beweeg.

’n Oud Suid-Afrikaner wat nou in Duitsland woon, sê dit is duidelik dat die Duitsers paniekerig is oor die moontlikheid van ’n terroriste-aanval, en dit laat hom voel dat hy terug is in Suid-Afrika waar mense gewoond geraak het daaraan om ’n wapen te dra.