Selfs ANC ontgogel met Zuma

Die land is steeds aan die praat oor pres. Jacob Zuma se besluit om Nhlanhla Nene af te dank.
Die besluit van hom het die skerpste kritiek tot nog toe uit ANC-geledere teen ’n dienende, demokraties verkose staatshoof ontlok.
Verder eis 120,000 Suid-Afrikaners in ’n petisie dat Zuma moet loop en sy vorige kamerade, en lede van die ANC se binnekring verset hulle openlik teen sy optrede.

Die skelms neem nou oor. Genoeg is genoeg, het oudminister Barbara Hogan van die stap gesê.
Jay Naidoo, voormalige minister in pres. Nelson Mandela se kabinet, het die stap as ‘n dom besluit beskryf en gesê dit is nie in nasionale belang geneem nie. 
Business Leadership South ­Africa sê namens 80 groot maatskappye: Die vervanging van ’n doeltreffende en betroubare minister net 18 maande nadat sy termyn begin het, opper twyfel oor ons vermoë om ’n omsigtige makro-ekonomiese beleid te handhaaf.
In ’n ope brief deur onder andere Vusi Pikoli, Zwelinzima ­Vavi, Bonang Mohale en Reuel Khoza word Zuma gemaan om die tesourie teen politieke inmenging te beskerm.