Saudi fussileer terroriste en betogers

Die hof en regering van Saudi-Arabië het glo besluit dat 55 mans die doodstraf opgelê wat in die volgende paar dae moontlik voltrek gaan word.

Die inligting is deur ’n Arabiese koerant, die “Okaz” bekend gemaak.

Onbevestigde berigte lui dat die mans onthoof gaan word weens terrorisme en vir ander wat deelnames aan anti-regerings betogings.

Van diegene wat teregstaan was glo by geen politiekery betrokke nie, maar is wel as joernaliste gesien by verskillende byeenkomste.

Van die “oortreders” was glo nog kinders toe hulle ’n oortreding begaan het, maar het later skuld erken en vergifnis gevra.

Amnestie Internasionaal het hul kommer uitgespreek oor die optrede en gesê die “oortreders” verdien ’n beter geleentheid om hulle saak te stel, en ernstige oortredings behoort deursigtig hanteer te word.

Vroeër die week het minstens vyf veroordeeldes se moeders briewe geskryf aan koning Salman en vurige pleidooie gelewer om genade te betoon.

Saudi Arabië sê die doodstraf is ingestel om in lyn te bly met die geloof en is die streng maatreël om orde te handhaaf in die land.