SA mag stem oor menseregte verander

Die regering sê nou dat hulle die Verenigde Nasies (VN) se resolusie oor kampvergters vir menseregte ondersteun.
Minder as ‘n week gelede egter het hulle daarteen gestem.
Clayson Monyela, woordvoerder van die Departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), het gesê Suid-Afrika sal die resolusie ondersteun wanneer dit aan die VN se algemene vergadering voorgelê word.
Hy sê die rede waarom hulle dit nie aanvaar het nie as omdat hulle weier om afgepers te word om resolusies te aanvaar wat onder die dekmantel van menseregte kom, maar eintlik oor geopolitieke doelwitte gaan.
Die resolusie sluit in ’n aantal nuwe, belangrike en substantiewe bepalings, insluitende oor die belangrike rol van kampvegters vir menseregte, volhoubare ontwikkeling en die verwesenliking van ekonomiese, maatskaplike en kulturele regte.
Hy het gesê daar is kommer dat diegene wat agter die resolusie sit, ’n geskiedenis het om wat op die oog af na ‘n onskuldige resolusies lyk, te kaap om in die huishoudelike sake van ontwikkelende lande in te meng.