Russe en Franse bombardeer terroriste

Vir die eerste keer in die geskiedenis gaan Rusland en Frankryk gesamentlike operasies uitvoer om Islamitiese Staat basisse plat te vee in Sirië en Irak.

Dit gaan gebeur te midde van die verhoogde verwydering wat intussen ontstaan het tussen Rusland en Amerika nadat pres. Obama verkeerdelik beweer het dat Rusland nie die IS magte aanval nie.

Intussen het ’n Duitse koerant berig dat Rusland binne die bestek van ses weke meer IS-basisse vernietig het as wat Amerika in 16 maande in Sirië gedoen het.

Na ’n lang gesprek gevoer is tussen presidente Hollande en Poetin, is ooreengekom om gesamentlik verdere bombardering van IS-stellings aan te pak.

Hollande het gehoop dat hy Poetin kon oortuig om saam met die VSA teen die terroriste te veg, maar Poetin het dit duidelik gestel dat hy nie met Obama sal saamwerk nie.

Die twee presidente het tydens hul gesprek in Moskou ook onderneem om die terroriste se selfverklaarde hoofstad Raqqa aan te val indien IS teikens aldaar geïdentifiseer is.

Waarnemers in Sirië beweer dat Rusland reeds meer as 2,500 bomme op IS-teikens gegooi het.