Ruimtevaarders kom veilig tuis

Drie ruimtevaarders van drie verskillende lande, wat saam ’n tog van duisende kilometers aangepak het, is veilig terug op moederaarde nadat hulle vir 5 maande weg was van planeet aarde.

Die drie het gedurende die nag op die aarde geland naby die yskoue winter gebied van

Die Kazakh steppe.

In die Soyuz TMA-17M kapsule was die ervare Russiese ruimtevaarder, Oleg Kononenko, saam met die Amerikaner, Kjell Lindgren en ’n Japannees Kimiya Yui.

Die drie mans het 141 dae in die kapsule deurgebring sedert dit van die Russiese

Baikonur Cosmodrome in Kazakhstan opgestyg het in Julie vanjaar.

Tegnologies is verskeie deurbrake gemaak, waarvan die sagte landing op aarde beskou word as een van die mees gevorderde aspekte om die kapsule veilig terug te bring na die aarde.

Vier Russiese helikopters het vinnig op die toneel verskyn na die kapsule se landing in die sneeubedekte landskap.