Renosterstorie met ‘n goeie einde

‘n Laaigraaf moes ingespan word om ‘n renoster wat in die modder vasgesit het, te red.
Die renoster is deur die modder vasgesuig toe hy by ‘n droeë watergat probeer water drink het.
Die bewaringsbestuurder van die Phinda- private wildtuin, Simon Naylor, sê die renoster moes vir ‘n hele paar uur vasgesit het voordat die probleem opgemerk is. KwaZulu-Natal is een van vyf provinsies wat onlangs as ’n rampgebied weens die landwye droogte verklaar is.
Verskeie moontlikhede is oorweeg om die renoster uit die modder te bevry. ‘n Tou sou nie werk nie want dit kon die dier beseer en die kans dat die mense kon vasval was ook groot.
Hulle het op ‘n laaigraaf besluit omdat die grond onder die renoster hard was. Die renoster kon uitkom en het in die paadjie uitgedraf wat die bewaarders vir hom gemaak het.
Hy het niemand bestorm nie en was ook nie beseer nie. Hy is ook verskeie kere daarna weer opgemerk.
Foto ter illustrasie