Reën veroorsaak chaos op lughawe

Hael en stormweer het Maandagmiddag laat vertragings op die O.R. Tambo Internasionale Lughawe veroorsaak.
Volgens berigte kon 52 vliegtuie nie land nie en is 18 vliegtuie vertraag wat moes opstyg.
Die lughawe moes op Twitter laat weet dat vlugte vertraag is maar dat die lughawe nie gesluit is nie.