Raak ontslae van Le Pen-familie

Gesaghebbende outoriteite in Frankryk is blykbaar desperaat om van die Le Pen-familie ontslae te raak in die politiek uit vrees dat die Front nasionaal moontlik die regeerders van die land kan word.

Die gesaghebbendes van die Openbare Deursigtigheid se kantoor wat optree as waghond van die regering, het blykbaar opdrag gekry om die Le Pen-familie te ondersoek na beweerde vals inligting oor hul bates.

Prosedeerders is glo gevra om ondersoek te doen  na “die ernstige moontlikheid” dat die “sogenaamde vêr-regse familie” foutiewe inligting verstrek het en laer syfers gegee het oor hulle inkomstes en besittings.

Die ondersoek sal gedoen word na Marine Le Pen en haar vader, Jean-Marie, die voormalige leier van Front nasionaal.

Indien die bewerings as waarheid bevind word, kan kriminele vervolging intree en selfs beteken dat Marine onthef word uit haar ampte in die regering.

Waarnemers wys daarop dat alle moontlikhede nou toegepas sal word om van die Le Pen-familie ontslae te raak in die hoop dat Front Nasionaal daardeur verhoed word om uiteindelik die regeerders van Frankryk te word.

Die aanslag op Marine Le Pen kom ’n week voor die hervatting van die Europese Parlement, waar Front Nasionaal die sterkste enkele party is met 24 uit 74 setels.

Politieke ontleders in Frankryk is van mening dat die Republikeine en Sosialiste alles moontlik sal doen om Marine Le Pen vas te trek vir een of ander oortreding om haar uit die Europese Parlement te kry, wat uiters negatief sal wees vir die Front Nasionaal se beeld.

Foto – Marine Le Pen