Pole in opstand teen regse regering

Poolse politici, ondersteuners en kunstenaars, tesame met die voormalige anti-kommunistiese bewegings het kragte saamgesnoer in ’n reeks protesoptogte wat Saterdag in sowat 20 stede gehou is.

Die protes is teen die nuut verkose konserwatiewe regering se poging om vyf van sy getroue ondersteuners in te kry as deel van die 15 lede van die Konstitusionele Tribunaal.

Die protesteerders sê die konserwatiewes gaan die Tribunaal vernietig, en daarom moet die wêreld dit betyds weet.

Warsaw se optog was die grootste demonstrasie van ontevrede mense waar meer as 20,000 mense hulle ontevredenheid getoon het.

Die regering het ’n twee derde meerderheid stemme nodig om enige wysigings aan te bring of om die samestelling van die Tribunaal te verander.

Jaroslaw Kaczynski, ’n voormalige Eerste Minister van Pole, was aan die hoof van die reeks optogte, en het dit later beskryf as ’n reuse sukses, en hy hoop die regering sal ag slaan op die besware.

Die konserwatiewe party, die “Wet en Geregtigheid” hou egter ’n volstrekte meerderheid in die Hoër en Laer Huise, sowel as in die parlement.