Poetin steun Siriese rebelle

Die Russiese president, Wladimir Poetin, het verlede week bekend gemaak dat sy land die Siriese rebelle, “Free Syrian Army” ondersteun as amptelike opposisie party, op voorwaarde dat hulle kragte saamvoeg om teen die Islamitiese Staat te veg saam met Siriese soldate.

Pres. Poetin het die inligting bekend gemaak tydens sy toespraak voor militêre offisiere van sy land, en bygevoeg dat Rusland die rebelle gehelp het soos wat hy die Siriese soldate ondersteun het deur die verskaffing van wapens en ammunisie en ander benodighede.

Amerikaanse weermag woordvoerders meen egter dat Rusland nie noodwendig sal woord hou en die rebelle bly ondersteun nie, gevolglik bestaan daar reeds onderlinge wantroue wat verdere onderhandeling kan bemoeilik, sê onafhanklike politieke waarnemers.

Die VSA hou voet by stuk dat Rusland aanvalle uitvoer op rebellemagte aangesien hy vroeër te kenne gegee het dat hy alle terroriste beveg.

Foto – pres. Vladimir Poetin