Poetin is reg, Obama verkeerd

Die meerderheid rebelle vegters in Sirië het in ’n afsonderlike opname getoon dat hulle aanhangers is van die Islamitiese Staat (IS) se ideologie.

Die rebelle, wat tot hede nie in enige gevegte met die IS-terroriste was nie, is die afgelope jaar deur die VSA-weermag ondersteun in ’n poging om die Siriese president Assad te onttroon.

Amerikaanse Weermagwoordvoerders en die land se president, Barack Obama, het nie net wapens aan die Siriese rebelle gelewer nie, maar het Rusland daarvan beskuldig dat hulle nie die IS-terroriste aanval nie, maar slegs fokus op die rebellemagte.

Deur slegs die IS-magte te probeer uitwis, sal die geweld in Sirië beëindig nie, word in ’n onafhanklike verslag van die Sentrum van Geloof en Geopolitiek uiteengesit.

Die Sentrum geniet die steun van ’n voormalige Britse premier, Tony Blair, se “Faith Foundation”.

Waarnemers wys daarop dat die Russe korrek was in hulle benadering deur die rebelle, sowel as die IS terroriste as terreurgroepe te beskou en beide te beveg.

Die verslag toon dat die rebelle nie verskil van die IS-terroriste se benadering nie, wat in lyn is met Moskou se siening dat beide as terroriste behandel moet word.

Politieke ontleders sê die Amerikaners is nie op die hoogte van sake in die gebied nie, en het vir langer as ’n jaar die rebellegroep van wapentuig en ammunisie voorsien om die regering van president Assad omvêr te gooi.

Tot hede het pres. Poetin hom daarvan weerhou om Obama te beskuldig daarvan dat hy terroristegroepe ondersteun.

Die verslag wys daarop dat meer as 65% van die nagenoeg 60,000 rebelle, aanhangers is van die IS- terroriste se geloofsienings en strewes.

Benewens die rebelle wat aanhangers is van die IS-sienings, het Al-Kaïda hom openlik geskaar aan die kant van die Islamitiese Staat, wat van die terroriste ’n gedugte vyand maak, luidens die verslag.