Pasiënt se nier weggegooi

’n Pasiënt van Natal, Derrick Rodgers (55) wat in ’n Durbanse hospitaal opgeneem is, is nou terminaal siek nadat sy nier “per ongeluk” weggegooi is na ’n chirurgiese prosedure.

Hy is nou met terminale kanker gediagnoseer.

Die Netcare St. Augustine Hospitaal in Durban het glo die nier weggegooi, en die pasiënt het blykbaar eers dae later ontdek dat sy nier weg is.

Die mediese verslag het gesloer, en die pasiënt glo nou dat indien daar vroeër werk gemaak is aan sy toestand, sou die uitkoms van sy toestand veel beter gewees het.

Hy sê die hospitaal het hom ingelig dat die chemo-terapie nie help nie, en dat dit gestaak is omdat die kanker reeds versprei het.

“Hulle het eers my nier weggegooi en nou bring hulle die doodsvonnis na my”, het ’n erg geskokte pasiënt later gesê.

 Die hospitaal en die pasiënt se regsverteenwoordigers is tans in gesprek met mekaar oor die aangeleentheid, wat beteken dat geen verdere inligting vrygestel kan word nie.