Parys-slagting temper kanselier Merkel

Alhoewel Duitsland die afgelope jaar sowat 1 miljoen onwettige migrante ontvang het en tans nog huisves, het Bondskanselier Angela Merkel se entoesiasme aansienlik afgeneem sedert die bloedbad in Parys plaasgevind het.

Angela Merkel het haarself toenemend meer geïsoleerd gevind van die meeste leiers in Europese lande wat die migrante beheer veel strenger wou toepas.

Te midde van ’n duidelike tendens om haar te isoleer, het sy ook gewildheid ingeboet onder haar eie kiesers, en koerante het begin swyg oor haar doen en late.

Meningsopnames wat na die Parys voorval gedoen is, het bevind dat sy ’n verkiesing sal verloor as Duitsland nou ’n stemming het.

Merkel het wel nie die migrantetoelating gestop nie, maar het streng maatreëls ingestel nadat sy druk van haar eie ondersteuners gekry het.

Sy glo Duitsland beskik oor die vermoë om die migrante te huisves, maar het nou besef dat sy heelwaarskynlik ’n sterk faksie terroriste daarmee saam huisves.

Die Parysvoorval het haar genoop om strenger grensbeheer toe te pas, en is die asielaansoeke veel strenger gemaak as wat tot hede toegepas is.

Sy het ook besef dat maatreëls ingestel moet word om migrante uit Europa weg te hou deur reuse somme geld aan Siriese buurlande beskikbaar te stel om die migrante te huisves wat na Europa wou gaan.

Foto – Kanselier Angela Merkel