Oostenryk verwerp halaal voedsel

Die wêreldbekende SPAR-winkelgroep het in Oostenryk bekend gemaak dat sy winkels nie langer die halaal produkte sal aanbied in sy supermarkte nie.

Die winkelgroep het eers in Wene aangekondig dat die produkte nie langer in voorraad aangehou sal word nie.

Die besluit is geneem na aanleiding van vele anti-islamitiese reaksies wat ontvang is van kliënte wat ook op die sosiale netwerk daarteen te velde getrek het.

Klaers teen die halaal-produkte het op die sosiale netwerk gesê die halaal merk is alles waarvoor die Islam voor staan, naamlik brutaliteit, misplaaste sienings oor geloof, en vreemde kultuur sienings.

Die winkelgroep sê dit is duidelik dat Oostenrykers nie gediend is met die gebruik van halaal produkte nie, en daarom word dit nie langer aangebied nie.