Ongebakte vrugtekoek

Dames indien u nie kans sien om nou nog ‘n vrugtekoek te bak nie, kan u gerus hierdie maklike koelkas vrugtekoek probeer. Dis heerlik en koel op die tong.

 

Ongebakte koelkas vrugtekoek:

 

Bestanddele:

1 pak (500 gr) vrugtekoekmengsel

2 pakkies (200 gr elk) Tennis beskuitjies gerol of in klein stukkies gebreek

125 gr botter

125 ml sagte bruin suiker

1 blik kondensmelk

5 ml vanieljegeursel

Gekleurde glanskersies (rooi, groen, geel) in helftes gesny, soveel soos dit na u smaak gaan wees

 

Metode:

Voer ‘n 23 x 13 x 7 cm broodpan uit met kleefplastiek en bespuit plastiek met kleefwerende middel.

Meng die vrugtekoekmengsel en fyn beskuitjies saam.

Verhit die botter en suiker tot gesmelt.

Haal van stoof af en voeg die kondensmelk en vanieljegeursel by en meng goed.

Voeg dit by die vrugtemengsel en voeg ook die gesnyde glanskersies by en meng goed.

Skep dit in die broodpan en druk dit styf vas.

Verkoel dit in die koelkas tot styf.

Keer dan die broodjie versigtig uit die pan en verwyder die kleefplastiek en versier dit met ekstra glanskersies en neute na u smaak.

 

Geniet hierdie lekkerte oor die kersgety.