Obama dalk swakste VSA president

Die teenkanting wat pres. Barack Obama van sy landgenote kry, is waarskynlik een van die redes waarom hy deur sommige waarnemers en politieke ontleders as die swakste president beskou word wat nog ooit in die VSA aan bewind was.

In die mees onlangse voorval het die Republikeine weer te kenne gegee wat hulle van hulle land se president dink toe hulle tydens ’n simboliese stemming in die Huis van Afgevaardigdes teen president Obama se plan oor klimaatsverandering gestem het.

Alhoewel dit ’n simboliese gebaar is, het dit nie net betekenis as ’n daad van verset nie, maar toon ook die gevoel wat bestaan teenoor die president.

Die Huis van Afgevaardigdes het sy afkeer getoon vir die Obamaplan wat bekend staan as die “Skoon krag plan” deur met 242 stemme teen 180 te sê dat hulle nie te vinde is vir die president se “plan” nie.

Obama se “plan” beheld ondermeer dat die daling van CO2 vrystelling met 32% moet plaasvind om bereik te word voor 2030.

In ’n verklaring se die Republikeine by monde van Mike Bost dat die stemming gehou is sodat die wêreld kan kennis neem dat Amerikaners nie te vinde is vir die magsmisbruik van Obama nie.

Politieke ontleders sê die Amerikaanse president het die “plan” voorgestel by die Klimaatkonferensie in Parys om indruk te maak, wel wetende dat indien sy voorstel aanvaar word, hy nie meer die verantwoordelikheid het om dit tot uitvoer te bring nie, want sy dae in die Wit Huis word nou min, is gesê.