Nuwe tegnologie vervang pynlike mammogram

Dit is nie meer nodig dat dames vreesbevange raak vir ’n mammogram nie, want nuwe tegnieke om ’n mammogram te neem, is so revolusionêr dat daar nie sprake is van ’n pynlike oefening nie.

Binnekort is die dae verby dat dames se borste “wreedaardig” gerek, en platgedruk word om ’n mammogram te neem.

’n Hoogleraar verbonde aan die Akademiese Mediese Sentrum in Amsterdam, Ard den Heeten en ’n span wetenskaplikes het die nuwe metode ontwikkel en blitsvinnig ’n Europese CE-sertifikaat verwerf as bewys dat die metode aan alle vereistes voldoen soos veiligheid en gesondheidstandaarde.

Die tegniek sal vanaf 2016 in België toegepas word.

Die mammogram wat tans in gebruik is, het menige vroue laat besluit om dit nie meer te laat doen nie vanweë die pynlikheid daarvan.

Met die nuwe tegniek, word die bestaande apparaat gebruik maar die plaat word vervang wat derhalwe die algehele funksionering verander.

“Deur die nuwe tegnologie word die druk op die borste grootliks verminder om daarmee die pynlikheid te verhoed”, het die navorsers gesê.