Nuusflitse – 31 Desember

Die prys van witmielies het vanjaar gestyg tot rekord hoogtes en is tans sowat 70% hoër as wat die prys in Januarie was, terwyl geelmielies met 65% gestyg het in dieselfde tyd.

 

Die provinsiale regering van die Oos-Kaap het besluit om derduisende Rand beskikbaar te stel vir die aankoop van watertenks en veevoer om die drooggeteisterde gebied se sukkelende opkomende- en bestaansboere te help, maar hulp aan kommersiële boere is blykbaar nie oorweeg nie.

 

Kenia se tee- en koffiebedryf kom onder geweldige druk weens die droogtetoestande, en Nigerië se pluimvee- en koringproduksie het tot lae vlakke gedaal wat uitvoermoontlikhede beperk.

 

Terwyl Australië en Afrika gebuk gaan onder droogte toestande weens die Al Nino weerpatroon, word Argentinië, Amerika en Brittanje deur aanhoudende stortreën oorstroom wat ook menselewens geëis het.