Noord-Transvaal het bek-en-klouseer

’n Woordvoerder van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het bevestig dat gevalle van bek-en-klouseer in Noord-Transvaal opgeteken is.

Die Provinsie se veeartsenydienste het op 8 Desember inligting ontvang en dit opgevolg waarna dit op 10 Desember bevestig is nadat laboratoriumtoetse dit positief ontleed het.

Die voorvalle wat aangemeld is, kom voor in ’n swart gemeenskap se gebied wat bekend is as die Vhembe-distrik.

Die gevalle is aangemeld te midde daarvan dat die gebied as sogenaamde “beskermde gebied” behandel word en gereelde inentings van die diere gedoen word deur verteenwoordigers van die staat.

Die gebied is na aan die Kruger Wildtuin geleë is, ondervind glo gereeld probleme met buffels wat tussen die beeste inbeweeg en die siekte oordra.

Boere het ’n moeisame stryd om beeste wat vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika kom op soek na beter weiding, en dikwels ook besmet is, weg te hou van hulle gesonde kuddes.

Die Departement het intussen gesê die uitbreek van bek-en-klouseer in die Noord-Transvaalse beskermde gebied sal nie ’n invloed uitoefen op die uitvoer van beesvleis nie.