Noord-Korea missiel-toets misluk

Pyongyang het met hulle jongste poging ’n ballistiese missiel getoets, maar die “Yonhap” nuusagentskap het kort daarna berig dat die toets ’n volslae mislukking is.

’n Suid-Koreaanse bron, die Seoul gestasioneerde nuusagentskap, het glo beweer dat die toets nie geslaagd was nie.

Noord Korea het blykbaar sy KN-11 missiel Saterdag afgevuur in die 2.20 tot 2.40 tydgleuf, maar die ballistiese missiel het nie gereageer nie, en daar was volgens die berig geen teken dat dit die hemelruim in is nie, want dit het sowat 150 meter bokant die wateroppervlak “gestol” en terug geval.

Die “Reuters” nuusagentskap berig dat Noord-Korea nog jare agter is in die ontwerp en lanseer van ’n ballistiese missiel.

Woordvoerders in Suid-Korea sê die vorige toets was in Mei vanjaar, toe die mislukking ewe groot was, maar dit stem tot kommer dat daar wel toetse gedoen word, want dit dui op ’n vermoë van die geïsoleerde kommunistiese staat wat ook sy eie kernkrag tegnologie ontwikkel.

Gerugte doen die rondte dat Noord-Korea foto’s vrygestel het van suksesvolle wapen ontwikkeling, maar by nadere ondersoek is vasgestel dat die foto’s nie eg is nie.