Nog ‘n Republikein tree uit die stryd

In ’n TV program is aangekondig dat nog ’n Republikeinse kandidaat vir die presidentsverkiesing in Amerika, besluit het om handdoek in te gooi.

George Pataki (70) het sy ondersteuners ingelig dat hy die stryd gewonne gee om in 2016 voort te gaan met die wedloop om die Wit Huis te betrek.

In sy laaste toespraak as kandidaat sê Pataki hy is oortuig daarvan dat die regte kandidaat uiteindelik genomineer sal word as republikein wat die volk sal verenig.

Pataki kon nie daarin slaag om tydens sy veldtog uit die onderste posisie te beweeg nie, en het volgens die meningsopnames telkens die 13 de plek beklee van die Republikeinse kandidate, en kon nie daarin slaag om geld in te samel vir die veldtog nie, wat gewoonlik ’n aanduiding is van die ondersteuning wat gekry word.

Hy het gesê Donald Trump is die “niks weet” kandidaat van die 21 ste eeu en kan nie genomineer word as die Republikeinse kandidaat nie.

Intussen het Trump se steun onder die Republikeine verder gestyg tot 39,3% wat hom by verre die sterkste kandidaat van die party maak.