Neo-rassiste kaap ons vryheidstryd

Die aankondiging deur Minister Nathi Mthethwa, dat die Boere Republieke se Tweede Vryheidsoorlog voortaan die “Suid-Afikaanse oorlog” sal heet, neem die neo-rassistiese aanslag op ons geskiedenis en erfenis nóg een onverbiddelike tree nader aan volks-uitwissing.

Nie net is die oorlog-naam gekaap nie, maar die naam van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke is nou getransformeer tot die Suid-Afrikaanse Oorlogmuseum.

Vandag hier in Bloemfontein sit ons die proses van erkenning oor die ongeregtighede in die verlede voort en betoon eer aan diegene wat vir hul vryheid en hul land gely het,”

Hierdie gewraakte uitlatings is gemaak by die aankondigiging van “versoeningsmaand” – opsigself ´n welberekende klap na ons geloof, die Gelofte en Geloftedag.

Die blatante verdraaiing van die geskiedenis is skokkend.

Dit is ironies dat plaaslike dagblaaie berig oor die feit dat tot 100,000 swart mense juis aan die kant van die Britse aggressor téén ons volksvryheid geveg het, maar nou dring die minister daarop aan om hierdie aggressie “deel te maak” van die Boere-geskiedenis.

Methethwa het ook aangekondig dat nuwe ontwikkelings by die museum, wat ´n tuin van herinnering ter herinnering van swart slagoffers in Britse kampe sal insluit, gedoen sal word.

Die voorsitter van die museum, doktor Jan van der Merwe, het die minister se driekuns teen ons geskiedenis verwelkom.

Gedienstig aan hul ANC-meesters, het die museum by hierdie geleentheid ´n nuwe boek uitgereik, Black Participation and Suffering in die South African War 1899–1902 – An Untold History.